Testimonials
|
Every time a bell rings a fairy get her wings... Here at Bellringer House we had a magical experience. Dankie vir als Janette, die fairy dust wat jy oor al die spesiale dinge strooi, wat jy vir jou gaste doen, sal nog lank in ons hare en klere bly sit. Wat 'n fantastiese belewenis! Baie Dankie.
Alex & Yolandi Hewetson
|
|
What a relaxing environment that one can be - its home far from home. The quietness in the yard where you listen to birds singing and above all our host and everybody else with warm smiles beckons you to come back.
Rejoice T. Mobudafhasi
|
|
Baie dankie vir 'n baie spesiale naweek hier. Jy het ons stoutse verwagtinge oortref. Jy dink eenvoudig net aan alles. Ons bid dat die Here vir jou en die gastehuis baie sal seën. Jy is baie spesiaal
Chris & Marlesé Smith.
|
|
Baie dankie dat julle my groot dag so spesiaal gemaak het julle sal altyd 'n spesiale plekkie in my hart hê. Dis fanasties om mense te ontmoet wat so "passionate" is oor hul werk, maar dan weer kan ek nie dink dat hulle dit as werk sien nie want toe ek daar instap het ek soos familie gevoel. Baie dankie weereens, julle is top.
Comment on WOMF
|
|
Baie dankie vir die spesiale rol wat jy gespeel het om ons troue 'n wonderlike afskop te gee. Ons het 'n wonderlike tyd by Bellringer Huis gehad en sal elke oomblik daarvan vir altyd onthou. Baie dankie vir jou hulpvaardigheid, vriendelikheid en aandag aan detail. Die rugmassering en spabad het my soos 'n prinses laat voel. Die troukoek was pragtig en het hemels geproe. Dit was die perfekte afronding van 'n droom troue.
Nogmaals Dankie
Marie
|
|
|
|